10 Terwyl Sagaria in die tempel daarmee besig was, het ’n groot skare buitekant gebid.
11 Skielik het ’n engel aan hom verskyn, daar aan die regterkant van die wierookaltaar.
12 Sagaria het hom boeglam geskrik.
13 Maar die engel het hom gerusgestel: “Moenie bang wees nie, Sagaria. God het jou gebede verhoor. Jou vrou Elisabet gaan binnekort ’n seun hê. Noem hom Johannes.
14 Hy gaan nog groot vreugde in jou lewe bring, ook in baie ander mense se lewe.
15 God het hom uitgekies vir ’n baie belangrike taak. “Johannes mag nooit wyn of sterk drank drink nie. Die Heilige Gees sal reeds van voor sy geboorte af by hom wees.
16 Johannes sal baie Israeliete wat in sonde leef na die Here hulle God toe terugbring.