53 Honger mense het Hy by ’n feesmaal laat aansit terwyl die rykes met leë hande moes wegstap.
54 God het sy volk Israel baie jammer gekry. Hy het nooit sy beloftes vergeet wat Hy aan hulle gemaak het nie.
55 Hy het sy goedheid oor hulle uitgestort, presies net soos Hy aan Abraham belowe het - aan hom en aan sy hele nageslag. Ja, God se beloftes is vir altyd waar.”
56 Maria het amper drie maande by Elisabet gebly. Daarna het sy na haar huis toe teruggegaan.
57 Kort daarna het Elisabet ’n seun gehad.
58 Haar vriende en familie was baie bly saam met haar. “Die Here was baie goed vir haar,” het hulle almal gesê.
59 Agt dae na sy geboorte het Sagaria en Elisabet hulle kindjie laat besny. Die res van die familie wou hom Sagaria noem.