55 Hy het sy goedheid oor hulle uitgestort, presies net soos Hy aan Abraham belowe het - aan hom en aan sy hele nageslag. Ja, God se beloftes is vir altyd waar.”
56 Maria het amper drie maande by Elisabet gebly. Daarna het sy na haar huis toe teruggegaan.
57 Kort daarna het Elisabet ’n seun gehad.
58 Haar vriende en familie was baie bly saam met haar. “Die Here was baie goed vir haar,” het hulle almal gesê.
59 Agt dae na sy geboorte het Sagaria en Elisabet hulle kindjie laat besny. Die res van die familie wou hom Sagaria noem.
60 Maar Elisabet het hulle gekeer. “Nee, wag! Sy naam moet Johannes wees.”
61 “Hoekom? Daar is dan niemand in jou familie met die naam Johannes nie,” het hulle haar verbaas gevra. “Kom ons vind uit wat Sagaria dink,” het hulle toe gesê.