2 Intussen het Jesus gesien dat daar ’n man onder hulle was met ’n liggaamlike afskeiding wat hom onrein maak.
3 Toe draai Hy na die ander godsdienstige leiers toe wat ook daar was vir die ete en vra hulle: “Sê My, mag ’n mens iemand wat siek is op die sabbat gesond maak, of nie? Wat sê julle?”
4 Maar niemand het ’n woord gesê nie. Hulle het net doodstil bly sit. Toe stap Jesus na die siek man toe, maak hom gesond en stuur hom terug na sy huis toe.
5 Jesus vra toe vir die godsdienstige leiers: “Wat sal julle doen as een van julle kinders of een van julle diere op die sabbatdag in ’n diep sloot vol water val? Sal julle hulle nie dadelik uithaal nie?”
6 Die godsdienstige leiers was nou in ’n hoek. Hulle het geweet as hulle ja sê, sou Jesus vir hulle sê dat dit presies was wat Hy nou vir die siek man gedoen het. Daarom het hulle stilgebly.
7 ’n Rukkie later, toe die gasheer vir die gaste sê om te kom aansit vir ete, merk Jesus op hoe almal skarrel om die beste plekke aan tafel te kry.
8 Toe sê Hy vir hulle: “Moenie altyd hardloop vir die beste plek as jy na ’n belangrike geleentheid toe uitgenooi word nie. Netnou gaan sit jy dalk op ’n plek wat vir ’n eregas bespreek is.