4 “Sê My, wat sal julle maak as julle 100 skape het en een raak weg? Sal julle nie die ander 99 net daar in die veld laat staan en daardie een gaan soek wat weg is nie?
5 Wanneer julle daardie skaap uiteindelik kry, sal julle so bly wees dat julle hom net daar op julle skouers sal tel en terugdra na die ander toe.
6 Later sal julle dan julle vriende en familie oornooi om saam met julle te kom feesvier oor die skaap wat teruggevind is. Julle sal vir hulle sê: ‘Wees bly saam met my, want ek het my skaap wat weg was weer gekry. Hy is nou veilig terug tussen al die ander skape.’
7 “Weet julle, in God se wêreld gaan dit net so. Daar is groot vreugde in die hemel as een sondaar na God toe terugkom. Ja, daar is groter blydskap oor een mens wat van die verkeerde pad af terugkom as oor al God se kinders wat elke dag doen wat Hy van hulle vra.”
8 “Nog ’n voorbeeld: ’n vrou wat net ’n klein bietjie geld op haar naam het en dit dan iewers in haar huis laat lê, sal dadelik daarna begin soek. Sy sal die huis van hoek tot kant fynkam.
9 As sy die geld uiteindelik kry, is sy verskriklik bly. Dan nooi sy al haar vriendinne oor om saam met haar fees te vier: ‘Kom wees saam met my bly, want ek het my geld gekry wat weggeraak het.’
10 “Net so is daar groot vreugde in die hemel wanneer een sondaar terugkom op die regte pad. Dan vier al die engele voor God se troon fees.”