36 Toe Jesus begin ry, het hulle hulle klere uit respek voor Hom in die pad neergesit.
37 Toe Jesus naby die lang afdraande kom wat van die Olyfberg af na Jerusalem toe loop, het ’n groot klomp van sy volgelinge begin om God hardop te loof en te prys. Hulle was baie bly oor al die groot dinge wat Hy gedoen het.
38 Hulle het Jesus soos ’n koning daar in Jerusalem verwelkom en hard uitgeroep: “Prys Hom wat as Koning in die Naam van die Here kom! Nou seëvier God se hemelse vrede. Al die eer kom die allerhoogste God toe.”
39 ’n Klompie Fariseërs wat ook in die skare was, was baie geskok oor hierdie woorde. Hulle sê toe: “Leermeester, hou jou dissipels in toom! Jy kan mos nie toelaat dat hulle sulke dinge oor jou sê nie!”
40 Jesus antwoord: “En waarom nie? As hulle sou stilbly, sou die klippe hier langs die pad dieselfde oor My uitroep!”
41 Toe Jesus naby Jerusalem kom, was Hy baie hartseer. Terwyl die trane oor sy wange loop, sê Hy:
42 “Jerusalem, as jy net jou oë wil oopmaak en besef wie vandag na jou toe kom. Dan sal God se vrede regtig hier aanbreek. Maar nou is jy stokblind! Daarom lê daar swaar tye vir jou voor.