1 Eendag toe Jesus in die tempel besig was om die mense te leer wat God van hulle vra, het ’n klomp van die godsdienstige leiers en ’n paar ander belangrike mense uit Jerusalem ook by die skare aangesluit.
2 Hulle vra toe: “Wie gee jou die reg om al hierdie dinge te doen? Op wie se gesag tree jy op?”
3 Maar Jesus was reg vir hulle: “Laat Ek julle eers gou ’n vraag vra.
4 Sê My, wie het Johannes die reg gegee om te doop? Was dit God of die mense?”