17 Almal het genoeg te ete gekry. Op die ou end was daar te veel kos. Na die tyd is twaalf mandjies vol kos opgetel wat oorgebly het.
18 Daarna het Jesus alleen gaan bid. Net die twaalf dissipels was by Hom. Hy vra toe vir hulle: “Wie sê hulle is Ek?”
19 “Johannes die Doper,” het hulle dadelik geantwoord. “Of Elia. Ja, selfs een van die profete uit die ou dae wat weer lewendig geword het.”
20 “En julle?” vra Jesus vir hulle. “Wie sê julle is Ek?”Petrus het nie ’n oomblik gehuiwer nie: “U is die Een wat deur God na ons toe gestuur is. U is die Messias.”
21 “Julle mag dit vir niemand gaan vertel nie,” het Jesus gesê.
22 “Ek is die Seun van die mens van wie die Bybel praat. En Ek gaan nog baie swaarkry. Al die godsdienstige leiers van die volk gaan een van die dae hulle rug vir My draai. Dan gaan Ek doodgemaak word. Maar moenie julle bekommer nie, Ek is sterker as die dood. Ek sal op die derde dag weer deur God lewendig gemaak word.”
23 Later het Jesus vir die mense gesê: “Dit is baie moeilik om een van my volgelinge te wees. Om dit reg te kry moet jy jou eie belange tweede stel. Jy moet as’t ware jou doodsvonnis teken deur elke dag jou kruis op te tel en agter My aan te stap.