6 Hy wys hemel toe en neem ’n eed. Hy roep toe vir God wat vir ewig en altyd leef en alles gemaak het - of dit die hemel met alles daarin, die aarde met alles daarop of die see met alles daarin is - as getuie in vir wat hy wil sê: “Daar is nie meer tyd oor nie.
7 Die oomblik dat die sewende engel op sy trompet blaas, gaan God doen wat Hy beloof het. Hy het mos lank terug vir die mense wat Hom dien, die profete, gesê wat Hy van plan is om te doen.”
8 Ek het toe weer dieselfde stem as netnou uit die hemel met my hoor praat: “Gaan vat daardie oop boekie uit die hand van die engel wat met die een voet op die see en die ander voet op die land staan.”
9 Ek stap toe nader na die engel toe: “Gee my asseblief die boekie,” vra ek.“Vat en eet dit,” sê die engel. “As jy dit eet, sal dit lekker wees, soet soos heuning. Maar dan sal jy vreeslik sooibrand daarvan kry.”
10 Ek vat toe die boekie by die engel en eet dit. Dit was toe so: in my mond was dit suikersoet. Nadat ek dit geëet het, het ek vreeslik sooibrand gekry.
11 Weer praat hy met my: “Jy moet mense weer van God gaan vertel. Gaan na al die mense toe; maak nie saak waar hulle bly of watter taal hulle praat nie.”