15 Toe maak die duiwel ’n ander plan. Hy laat uit sy mond ’n geweldige stroom water kom. Soos ’n bruisende rivier is hierdie water agter die vrou aan. Die draak het gehoop om so die vrou te verswelg.
16 Maar die aarde was daar om haar te help. Die aarde het oopgeskeur en die water het in die skeur verdwyn.
17 Dit het die draak nog kwater gemaak. Hy was blind van woede vir die vrou. Hy is toe daar weg en het begin oorlog maak en baklei teen al wat kinders van die vrou is. Hy het dadelik begin oorlog maak teen almal wat gehoorsaam aan God se wil is of wat openlik en met oortuiging van Jesus praat.
18 Die draak het toe by die see op die strand gaan staan.