4 “Here, wie sal U nie met groot agting en respek hanteer nie? Wie sal nie vir ander vertel hoe belangrik U regtig is nie? U en U alleen is soos U is: heilig. Al die mense sal na U toe stroom en U as God aanbid. Hulle kan nou sien dat wat U doen, regverdig is.”
5 Na hierdie pragtige lied het iets anders my aandag getrek. Daar was ’n tent in die hemel waarin God vroeër op ’n spesiale manier by sy mense was. Die tent se ingang het oopgegaan.
6 Daar het sewe engele uit die tent uitgestap met sewe rampe. Hulle het duur, mooi klere aangehad. Die klere was van suiwer, spierwit linne gemaak. Elkeen het ook ’n breë, goue gordel aangehad.
7 Een van die vier lewende wesens wat om God se troon gestaan het, gee toe vir elke engel ’n goue bak. Hierdie sewe bakke was propvol van die woede en straf van God, die God wat vir ewig en altyd leef.
8 God se woonplek, sy tempel, het gelyk of dit vol rook was. Eintlik was dit die verbysterende grootheid en krag van God waarvan dit oorgeloop het. Niemand kon toe in die tempel ingaan nie. Hulle moes eers wag tot die sewe rampe van die sewe engele klaar was.