2 Sowaar, daar het ’n wit perd aangekom. Die ruiter het ’n oorlogswapen by hom gehad. Iemand het vir hom ’n kroon gegee soos die gewoonte was om vir iemand te gee wat gewen het. Hy het verder gery op ’n pad van oorwinning. Sy doel was om te wen en dit het hy gedoen.