13 Een van die leiers van die kerk vra my toe: “Wie is al hierdie mense met die deftige wit klere aan? Waar kom hulle vandaan?”
14 Ek sê toe: “Hoe sal ek nou weet, Meneer. U is mos die een wat sulke dinge weet.”Toe sê hy vir my: “Hierdie mense het baie swaargekry en is vreeslik vervolg. Maar hulle klere is nou weer mooi skoon gewas. Daar is nie ’n merkie of ’n vlekkie op nie, want hulle het dit in die bloed van die Lam gewas.
15 Dit is waarom hulle nou hier voor God staan. “Sonder ophou, dagin en daguit, dien hulle God in sy blyplek. Net so sal God, die Heerser, self by hulle bly en na hulle kyk.
16 Hulle sal nooit weer honger of dors word nie en die hitte en koue sal nie vir hulle ondraaglik word nie. Daarvoor sal God sorg.
17 Ja, die Lam, wat oor almal heers, sal persoonlik vir hulle sorg. Hy sal vir hulle alles gee wat nodig is om vir ewig te leef. En God sal sorg dat hulle nie meer hartseer sal wees of pyn sal ken nie.”