1 Ek wil nou met julle praat oor ’n groot probleem wat ek al lankal hier binne-in my ronddra.
2 Dit krap my baie om. Die Heilige Gees weet dit. My probleem is Israel.
3 Israel, my broers, my bloedfamilie saam met wie ek grootgeword het. Maar baie van hulle glo nie in Christus nie. Ag, was ék maar deur Christus vervloek in plaas van hulle. Ek sal enige tyd my plek in God se nuwe wêreld aan hulle afstaan.
4 Hulle is tog Israeliete, God se mense. Hulle het God se glorie gesien. Hy het met hulle die een ooreenkoms na die ander gesluit. Ook die wet van Moses, die tempel en al God se wonderlike beloftes is aan hulle gegee.