1 Julle ryk vroue wat in Samaria bly, loop oor van die voorspoed soos die vet koeie wat in Basan wei. Julle buit die armes uit. Julle mishandel die behoeftige mense. Julle sê vir julle mans: “Kom, bring die drank dat ons kan drink.”
2 Die Here het by Homself gesweer dat daar ’n dag sal kom dat julle soos beeste met ’n ring deur die neus, soos visse aan vishoeke hier weggevat sal word.
3 Julle sal nie by die stad se hek hoef uit te gaan nie. Die vyand sal die stad se mure afbreek. Julle sal sommer deur die gate in die mure uit die stad kan gaan. Die vyand sal julle wegvat na die berg Hermon toe. Dis wat die Here oor julle sê.
4 “Kom na die plek van aanbidding by Bet-El dat julle daar ’n bietjie sonde kan doen! Kom na die altaar by Gilgal dat julle nog meer verkeerde dinge kan doen! Kom offer elke môre julle offers! Moenie vergeet om elke derde dag julle tiendes vir God te bring nie!
5 “Kom bring maar verkeerde offers wat suurdeeg in het. Spog maar oor die offers wat julle uit julle eie vir die Here bring. Julle Israeliete is mos lief daarvoor om so met julle godsdiens te spog,” sê die Here.