24 “Wees eerder regverdig. Laat dit aangerol kom soos branders by die see. Laat eerder alles wat regverdig is deur julle lewe vloei soos ’n rivier wat nooit gaan staan nie.
25 “Het julle toe julle 40 jaar lank in die woestyn was, vir My offers gebring van diere wat julle geslag het of offers waarvan julle julle deel saam met My geëet het daar by my tent, Israel?
26 Was dit nie eerder die stergod koning Sikkut en julle afgodsbeeld Kijun wat julle in julle hart saamgedra het nie?
27 “Ek gaan julle vyand laat kom en julle wegvat uit julle land tot ver anderkant Damaskus verby,” sê die Here. “Ek is God. Ek is verskriklik sterk.”