1 Die Here het my ’n mandjie vol vrugte laat sien.
2 Toe die Here my vra: “Wat sien jy daar, Amos?” het ek geantwoord: “’n Mandjie vol ryp vrugte.” Die Here sê toe vir my: “My volk Israel is net so ryp om gepluk te word vir sy vonnis. Ek gaan nie toelaat dat dinge so verder aangaan nie.
3 Op die dag van teëspoed,” sê die Here, “sal daar begrafnisliedere in die paleis gesing word. Lyke sal oral in die koning se huis op die grond lê. Bly liewer stil.”
4 Luister ’n bietjie wat die Here vir Homself beloof het, julle wat op die arm mense trap. Julle wat van die behoeftiges in julle land probeer ontslae raak.
5 Julle kan nie wag dat die fees van die nuwemaan verby is sodat julle weer julle deure kan oopmaak en kan aangaan om graan te verkoop nie. Julle wens die Here se rusdag om sodat julle weer julle winkels waar julle koring verkoop, kan oopmaak vir besigheid. Julle is daarop uit om met weegskale waaraan daar gepeuter is, al minder goed vir al meer geld te verkoop.
6 Julle verkoop koring wat met nuttelose kaf gemeng is. Julle verkoop arm mense wat nie hulle skuld kan betaal nie. Julle is bereid om hulle vir so min te verkoop as die geld wat ’n mens kry vir ’n paar sandale.
7 Die Here het gesweer: “Ek sal in der ewigheid nie vergeet wat Israel alles aangevang het nie.”