10 “Ek sal julle vrolike feeste in begrafnisse verander. Julle juigliedjies sal slepende klaagliedere word. Ek sal julle begrafnisklere laat aantrek. Julle sal ’n kaal kol voor op julle kop skeer soos iemand wat rou omdat sy enigste kind dood is. Daardie dag sal in bitterheid eindig.”
11 “Daar is ’n tyd wat gaan kom,” sê die Here, “dat daar ’n hongerte in die land gaan kom. Mense gaan nie honger wees vir iets om te eet of dors vir iets om te drink nie. Hulle gaan honger wees om te hoor wat die Here sê.
12 Hulle sal hoog en laag soek na die woord van die Here. Hulle sal trek van die Middellandse See tot by die Dooie See. Hulle sal oral soek, van die noorde tot in die ooste. Maar hulle sal niks kry nie.
13 Op daardie dag sal die mooi jongmeisies en die sterk jongmans flou word van die dors vir die Here se woord.
14 Dié wat hoog en laag gesweer het by die sonde van Samaria, wat graag gesê het: ‘So waar as die god van Dan lewe,’ of graag gesê het: ‘So waar as daar ’n pad is vir mense wat na Berseba gaan om daar te bid,’ hulle almal sal op daardie dag op die grond neerval. Hulle sal nooit weer opstaan nie.”