5 Die koning het ook opdrag gegee dat hulle dieselfde kos en wyn as hy en sy gesin moes eet en drink. Hulle moes net die beste kry. Hulle moes vir drie jaar opleiding kry sodat hulle daarna as raadgewers van die koning in sy paleis kon werk.
6 Onder die Judese jongmense wat gekies is, was Daniël, Gananja, Misael en Asarja.
7 Die hoofbeampte van die paleis het egter vir hulle elkeen ’n ander naam gegee. Vir Daniël het hy Beltsasar genoem, vir Gananja Sadrag, vir Misael Mesag en vir Asarja Abednego.
8 Daniël het besluit om nie van die koning se ryk kos en wyn te eet en te drink nie. Dan sou hy ongehoorsaam wees aan die Israelitiese reëls oor wat ’n mens mag eet en wat nie. Daarom het hy die hoofbeampte van die paleis se toestemming gevra om dit nie te doen nie.
9 Deur God se goedheid het Aspenas baie respek vir Daniël gehad,
10 maar hy het vir Daniël gesê: “Ek is bang vir die koning. Hy het besluit wat julle moet eet en drink. As jy nie so goed soos die ander jongmense lyk nie, is ek in groot moeilikheid. Hy mag selfs besluit om my dood te maak.”
11 Daniël het toe vir die amptenaar wat deur Aspenas aangestel is om na hom en sy drie vriende om te sien, gesê: