1 In die derde jaar van Kores se koningskap oor Persië het Daniël, wat ook Beltsasar genoem word, ’n openbaring gehad. Die boodskap het van God af gekom, maar dit was baie moeilik om te verstaan. Eers nadat die betekenis in ’n visioen verduidelik is, het ek, Daniël, verstaan waaroor dit gaan.
2 Ek het op daardie stadium reeds vir drie weke getreur.
3 In hierdie tyd het ek glad nie enige ryk kos of vleis geëet nie. Ek het ook nie wyn gedrink of gebad en my hare gekam nie.
4 Op die 24ste van die eerste maand het ek op die wal van die Tigrisrivier gestaan.
5 Toe ek opkyk, sien ek ’n man met linneklere aan en ’n belt van fyn goud om sy lyf daar staan.
6 Sy lyf het soos ’n edelsteen geblink en sy gesig was so helder soos die lig van ’n weerligstraal. Sy oë het soos tonge vuur gevlam. Sy arms en bene het gelyk soos brons wat blink gevryf was. Toe hy gepraat het, het dit geklink of dit ’n hele skare mense was wat gelyk praat, so hard was sy stem.