5 Toe ek opkyk, sien ek ’n man met linneklere aan en ’n belt van fyn goud om sy lyf daar staan.
6 Sy lyf het soos ’n edelsteen geblink en sy gesig was so helder soos die lig van ’n weerligstraal. Sy oë het soos tonge vuur gevlam. Sy arms en bene het gelyk soos brons wat blink gevryf was. Toe hy gepraat het, het dit geklink of dit ’n hele skare mense was wat gelyk praat, so hard was sy stem.
7 Net ek kon die visioen sien, maar nogtans het die mense wat by my was so bang geword dat hulle weggehardloop en gaan wegkruip het.
8 Ek het stom van verbasing alleen daar bly staan en na die visioen gekyk. Dit was so indrukwekkend dat ek net magteloos kon staan en kyk. Ek was doodsbleek van die skrik en verbystering.
9 Toe die man met my praat, het ek bewusteloos op die grond geval.
10 Hy het my opgetel en alhoewel ek hande-viervoet gestaan het, het ek onophoudelik gebewe.
11 Hy sê toe vir my: “Daniël, die Here is vir jou baie lief. Staan regop en luister na wat ek vir jou gaan sê, want ek is spesiaal na jou toe gestuur.” Toe hy dit sê, het ek al bewend opgestaan.