20 “Prys God se Naam nou en vir altyd, Hy alleen het al die kennis en mag.
21 Hy bepaal die koers van alles en almal in die wêreld; Hy haal konings uit hulle magsposisies uit en stel ander in hulle plek aan. Hy gee kennis en insig.
22 Hy maak geheime dinge bekend; Hy weet wat in die donker gebeur, maar Hyself word deur die lig omring.
23 Ek loof en prys U, God van my voorouers, U het vir my kennis en mag gegee en na my gebed geluister. U het vir ons gewys wat om vir die koning te sê.”
24 Daniël is toe daar weg na Arjok toe wat die opdrag gehad het om al die koninklike raadgewers dood te maak. Hy sê toe vir hom: “Moenie die raadgewers doodmaak nie. Vat my na die koning toe. Ek sal sy droom se betekenis vir hom verduidelik.”
25 Arjok het dadelik vir Daniël na koning Nebukadnesar toe gevat en vir hom gesê: “Ek het tussen die Judese gevangenes iemand gekry wat U Majesteit se droom kan verduidelik.”
26 Die koning het vir Daniël, wat ook Beltsasar genoem is, gevra: “Is dit waar? Kan jy regtig vir my sê wat ek gedroom het en wat dit beteken?”