36 “Dit was u droom. Nou sal ek vir u verduidelik wat dit beteken.
37 U Majesteit, u is die grootste van al die konings. Die God van die hemel het u die sterkste op aarde gemaak. Hy het vir u mag, gesag en eer gegee.
38 Hy het u die heerser oor die hele aarde gemaak. U beheer selfs die diere en die voëls. U is die kop van goud.
39 Ná u koninkryk sal daar ’n ander koninkryk kom wat u plek sal inneem. Maar dit sal nie so sterk soos u s’n wees nie. Na die val van hierdie koninkryk sal daar ’n derde koninkryk kom. Dit is die bronsgedeelte van die beeld in u droom. Hierdie koninkryk sal groot en sterk word en oor die hele wêreld regeer.
40 Dan sal daar ’n vierde koninkryk ontstaan wat so sterk soos yster sal wees, wat alles breek en vernietig. So sal hierdie koninkryk al die vorige koninkryke breek en vernietig.
41 Maar u het gesien dat die voete en tone van die beeld in u droom gedeeltelik van klei en gedeeltelik van yster was. Dit beteken dat hierdie koninkryk ook in homself verdeeld sal wees.
42 Sommige dele sal so sterk soos yster wees en ander weer so swak soos klei, soos dit maar in so ’n mengsel gebeur.