15 Ek gaan julle nog een kans gee. As julle bereid is om voor die standbeeld te kniel en dit te aanbid as julle die musiek hoor, sal ek niks aan julle doen nie. Maar as julle weier, sal julle dadelik in die vuurwarm oond gegooi word. Dink mooi, want watter god sal julle daaruit kan red?”
16 Toe antwoord Sadrag, Mesag en Abednego: “Koning Nebukadnesar, ons hoef ons nie voor u te probeer verdedig nie.
17 Die God wat ons dien, kan ons uit die oond en uit u mag red as Hy wil.
18 En selfs al wil Hy nie, kan u maar seker weet dat ons nooit u gode of die goue beeld wat u laat maak het, sal dien en aanbid nie.”
19 Nebukadnesar het skoon bleek geword van woede vir Sadrag, Mesag en Abednego. Hy het beveel dat die oond sewe maal warmer as gewoonlik gemaak moes word.
20 Daarna het hy van die sterkste soldate beveel om vir Sadrag, Mesag en Abednego vas te bind en hulle in die vuurwarm oond te gooi.
21 Hulle is toe vasgebind en sommer met klere en al in die rooiwarm oond gegooi.