1 Koning Nebukadnesar het die volgende boodskap aan al die volke, nasies en taalgroepe van die wêreld gestuur: “Mag daar vrede en voorspoed vir julle wees!
2 “Ek wil julle vertel van al die tekens en wonders wat die allerhoogste God my laat sien het.
3 “Hoe asemrowend is sy tekens! Hoe ongelooflik is sy wonders! God is vir ewig koning en Hy heers vir ewig!
4 “Ek, Nebukadnesar, het rustig en voorspoedig in my paleis gebly.
5 Maar toe een aand terwyl ek op my bed gelê en slaap het, het ek ’n skrikwekkende droom met vreesaanjaende visioene gehad.
6 Ek het toe beveel dat al die koninklike raadgewers na my toe moes kom om die droom vir my te kom uitlê.