11 Hierdie boom het al hoe groter en sterker geword totdat die top daarvan naderhand aan die hemel geraak het en die hele wêreld dit kon sien.
12 Sy blare was dig en lowergroen en daar was soveel vrugte aan die boom dat daar genoeg was vir almal om van te eet. Die wilde diere het in die skaduwee van die boom kom lê en rus en die voëls het in sy takke nes gemaak. Almal het van die boom se vrugte geëet.
13 Terwyl ek nog so lê en droom, het ek ’n hemelse wese, ’n opsigter uit die hemel, sien kom.
14 Hy het kliphard uitgeroep: ‘Kap af die boom. Sny sy takke af! Stroop hom kaal van al sy blare en vrugte! En jaag al die diere en voëls weg wat daar kom rus en nes maak het.
15 Los net die stomp van die boom met sy wortels in die grond met die gras wat daarom groei. Bind dan ’n band van yster en brons om die stomp. Dit sal elke aand op ’n mens dou omdat hy buite moet slaap en hy sal saam met die diere van plante leef.
16 Hy sal sewe jaar lank nie soos ’n mens dink en reageer nie, maar soos ’n dier.
17 “‘Hierdie bevel is deur die hemelse opsigters gegee. Die engele maak hierdie dinge bekend. Die doel hiervan is om vir die hele wêreld te wys dat die allerhoogste God oor al die koninkryke van die aarde heers. Hy het die mag om dit te gee aan wie Hy wil, selfs al sou dit in die wêreld se oë onbelangrike mense wees.’