13 Ek het toe twee hemelwesens met mekaar hoor praat. Die een het vir die ander een gevra: “Hoe lank gaan die gebeure in die visioen aanhou: die mense wat in sonde leef in plaas daarvan dat hulle die daaglikse offers bring, die tempel wat deur sonde besoedel word en die hemelse weermag wat so vertrap word?”
14 Die een het toe geantwoord: “Na 2 300 aande en oggende sal die tempel weer ’n plek word waar God gedien word.”
15 Ek was nog besig om te dink wat die visioen beteken toe daar skielik iemand wat soos ’n man lyk, voor my staan.
16 Toe hoor ek ’n stem uit die Ulairivier wat sê: “Gabriël, sê vir Daniël wat die visioen beteken wat hy gesien het!”
17 Gabriël het langs my kom staan, maar ek het so bang geword dat ek op die grond neergeval het. Hy sê toe vir my: “Klein mensie, jy moet verstaan dat die dinge wat jy gesien het, te make het met die laaste dae op aarde.”
18 Ek het bewusteloos geraak en inmekaargesak terwyl hy met my gepraat het. Maar hy het aan my geraak en ek kon weer regop staan.
19 Toe sê hy vir my: “Ek is hier om jou te wys hoe God se oordeel gaan wees, want wat jy gesien het, het te make met die laaste dae op aarde.