3 Toe ek opkyk, sien ek ’n skaapram met twee lang horings daar langs die rivier staan. Een van die horings was langer as die ander een, al het dit ná die eerste een begin groei.
4 Ek het gesien hoe die ram na die weste en die noorde en die suidekant toe alles wat voorkom uit die pad stamp met sy horings. Daar was nie ’n dier wat sterk genoeg was om teen hom te veg of vir hom kon wegvlug nie. Hy het gedoen net wat hy wil en het al hoe sterker geword.
5 Terwyl ek nog hieroor staan en dink, kom daar uit die weste ’n bokram wat so vinnig beweeg het dat sy pote nie eens die grond geraak het nie. Ek het gesien hy het net een horing wat tussen sy oë sit.
6 Hy was op pad na die skaapram wat ek langs die rivier sien staan het.
7 Die volgende oomblik het hy die skaapram in sy woede stormgeloop en hom so hard gestamp dat al twee sy horings afgebreek het. Dit het hom heeltemal hulpeloos gemaak. Toe het die bokram hom platgestamp en hom met sy pote begin vertrap sonder dat iemand hom kon help.
8 Die bokram het al hoe sterker geword. Maar toe hy op sy heel sterkste was, is sy groot horing afgebreek. In die plek daarvan het daar vier ander groot horings uitgegroei wat elkeen in ’n ander windrigting gewys het.
9 Uit een van hierdie groot horings het daar ’n kleiner horinkie gekom wat baie sterk geword het. Sy krag het suid- en ooswaarts uitgebrei en ook in die rigting van die wonderlike land van Israel.