58 Die mense wat by die tempel gehelp het en die nageslag van die mense wat in diens van Salomo was, was 392.
59-60 Daar was mense wat saamgekom het wat nie kon sê aan watter familie hulle behoort het nie. Hulle het gekom van Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer. Hulle was op ’n manier familie van Delaja, Tobija en Nekoda. Daar was altesaam 652 van hulle.
61-62 Daar was priesters wat nie kon sê aan watter families hulle behoort het nie. Dit was die groepe van Gabaja, Kos en Barsillai (wat getroud was met ’n dogter van die Gileadiet Barsillai en toe na hom vernoem is). Hulle is ook nie as priesters aanvaar nie.
63 Die goewerneur wat die provinsie vir die Perse bestuur het, het besluit dat hulle nie saam met die ander priesters van die offers mag eet nie. ’n Priester moes eers met die urim en tummim hulle lot bepaal. Hy moes kyk hoe die steentjies val om te weet wat God oor hulle besluit het.
64 Die groep wat teruggekeer het, was altesaam 42 366.
65 Daarby moet nog 7 337 manlike en vroulike slawe getel word wat saam met hulle gegaan het. In die groep was daar nog ’n verdere 200 sangers en sangeresse wat by die tempel kon werk.
66 Hulle het ook 736 perde, 245 muile,