21 Julle moet vir hierdie mense gaan sê om op te hou met hulle bouwerk. Die stad mag nie herbou word voordat ek self toestemming daarvoor gee nie.
22 Gee dadelik aandag aan die saak. Keer dat daar skade kom vir my ryk.
23 Die oomblik toe die brief van koning Artasasta vir Regum, die sekretaris Simsai en die ander amptenare gelees is, het hulle vinnig na die Judeërs in Jerusalem gegaan. Hulle het die Judeërs gedwing om op te hou met die werk.
24 Die werk het toe tot stilstand gekom. Dit het net so bly lê tot in die tweede jaar wat Darius koning was.