5 Hulle het tot amptenare omgekoop om die bouery te laat skade ly. Die hele tyd vandat Kores koning was totdat Darius koning van Persië geword het, het hulle die werk probeer terughou. Hulle het selfs van die koning se amptenare probeer omkoop om die bouwerk te laat stopsit.
6 Jare later, toe Ahasveros so pas koning geword het, het hulle onmiddellik by hom gaan kla. Hulle het ’n klag teen die nuwe intrekkers van Juda en Jerusalem neergeskryf en dit vir die nuwe koning gaan gee.
7 Later jare, toe Artasasta die koning was, het Bislam saam met Mitredat, Tabeël en almal wat met hulle saamgesweer het, ’n brief aan die koning van Persië geskryf. Dit is in Aramees geskryf. Iemand moes dit vir die koning vertaal.
8 Regum, die man wat die Perse as goewerneur vir die gebied aangestel het om dit vir hulle te regeer, en sy sekretaris wat sy skryfwerk doen, het ook vir Artasasta ’n brief geskryf oor Jerusalem.
9 Dié brief is geskryf onder die naam van die goewerneur Regum, die sekretaris Simsai en hulle kollegas, asook die ander amptenare uit Persië, Ereg, Babel en die Elamiete in Susan
10 en die ander volke wat die beroemde Asenappar uit hulle lande na Samaria en die ander plekke in die Wes-Eufraat soontoe oorgeplaas het.
11 In die brief het gestaan:Aan koning Artasasta! Die brief kom van u amptenare van die Wes-Eufraat.