14 Kores het die goue en silwergoed laat haal wat Nebukadnesar destyds uit die tempel in Jerusalem weggevat en saamgevat het na sy eie god se tempel in Babel. Hy het dit vir ’n man gegee wat hy as goewerneur aangestel het. Sy naam was Sesbassar.
15 Die koning het gesê hy moet al hierdie goed gaan terugsit op hulle plek in die tempel in Jerusalem sodra die tempel weer gebou is op die plek waar dit vroeër gestaan het.
16 Sesbassar het toe gekom en die tempel in Jerusalem begin herstel. Van daardie tyd af tot nou toe gaan die bouery aan, maar dit is nog nie klaar nie.”
17 As dit dan vir u goed is, kyk ’n bietjie daar in die konings se geskiedenisse in Babel of hulle die waarheid praat as hulle sê dat Kores besluit het om die tempel in Jerusalem te herbou. Laat ons asseblief weet wat u oor hierdie saak besluit het.