1 Darius het toe gesê hulle moet in die plek waar die koning se geskiedenisse en ander belangrike dinge in Babel gebêre word, gaan kyk of daar so iets is.
2 Dit was uiteindelik in Ekbatana, die hoofstad van die provinsie Medië, waar hulle op die boekrol afgekom het waarin die besluit opgeteken was.
3 Koning Kores het in die eerste jaar dat hy koning was, opdrag gegee dat die huis van God in Jerusalem gebou moet word as ’n plek waar daar altyd offers geslag en offers op die altaar verbrand kan word. Die tempel moet 30 meter hoog en ook 30 meter breed wees.
4 Na elke drie lae bouklip moet daar houtbalke in die mure gesit word. Die geld wat nodig is om die tempel te bou moet uit die staat se geld kom.