21 Ek, koning Artasasta, het aan al die amptenare in Wes-Eufraat wat met die ryk se geld werk, opdrag gegee om aan Esra, die priester en kenner van die wet van die God van die hemel, te gee wat hy vra.
22 Hy mag tot 3 500 kilogram silwer, 10 000 kilogram graan, 2 000 liter wyn, 2 000 liter olyfolie en ’n onbeperkte hoeveelheid sout aanvra.
23 Alles wat die God van die hemel vir sy huis wil hê, moet presies gegee word, sodat Hy nie dalk kwaad word vir die koning en sy seuns nie.
24 Ek het ook besluit dat geen priester of Leviet of tempelsanger of poortwagter of tempelwerker of enige ander een wat by die tempel werk, enige belasting aan die staat hoef te betaal nie.
25 Esra, jy moet die wysheid gebruik wat jou God jou gee om amptenare en regters in die Wes-Eufraat aan te stel vir almal wat voor die wette van jou God buig. Jy moet die wet leer vir dié wat dit nie ken nie.
26 Jy moet hulle straf wat die wette van jou God of die wette van die staat oortree. Straf daardie persoon met die dood of stuur hom weg of beboet hom of laat hom in die tronk opsluit.
27 Esra het toe gesê: “Ek maak die Here se Naam groot. Hy is die God van my voorouers. Hy het die koning gewillig gemaak om al hierdie dinge vir die tempel van die Here in Jerusalem te doen.