31 Ons is op die twaalfde dag van die eerste maand van die Ahawakanaal af weg Jerusalem toe. Ons God het ons beskerm. Hy het langs die pad mooi na ons gekyk en gekeer dat daar mense was wat ons aangeval het of rowers wat ons voorgelê het.
32 Toe ons in Jerusalem aankom, het ons eers vir drie dae gerus.
33 Op die vierde dag het ons die silwer, die goud en die items vir die tempel by die tempel gaan weeg en dit getel. Ons het dit aan die priester Meremot seun van Urija gegee. Eleasar seun van Pinehas was by. Die Leviete Josabad die seun van Jesua en Noadja die seun van Binnuï was ook as getuies by.
34 Elke ding en die presiese gewig soos ons dit opgeskryf het voor ons weg is, was net so daar. Alles is op daardie dag weer geweeg en weer opgeskryf.
35 Almal wat teruggekom het, het toe vir die God van Israel offers gebring wat op die altaar verbrand is. Daar was twaalf bulle vir al die Israeliete. Ons het 96 ramme, 77 lammers en twaalf bokke vir die sonde geoffer. Ons het al hierdie offers vir die Here op die altaar by die tempel verbrand.
36 Hulle het ook die briewe wat die koning geskryf het, vir die koning se amptenare gegee. Hulle was goewerneurs in Wes-Eufraat. Die amptenare het die volk en die tempel van God met alles gehelp wat die koning gesê het hulle vir hulle moet gee.