1 Die Here wou ’n boodskap aan Serubbabel en Jesua stuur en daarvoor het Hy Haggai gebruik. Serubbabel was in hierdie stadium die hoof van Juda en Jesua was die hoëpriester. Serubbabel se pa se naam was Seältiel en Josadak was Jesua se pa. Dit het gebeur op 29 Augustus 520 v.C. in die tweede jaar wat Darius koning was.
2 Niemand het soveel mag as die Here nie. Hy sê dat die mense van Juda die tempel weer moet opbou. Hulle was gevang en uit hulle land uit weggevat na Babel toe. Nou is hulle terug in hulle land. Maar vandat hulle terug is, het hulle nog nie weer daaraan gedink om die Here se tempel te herbou nie.
3 Daarom wil Hy hê dat Haggai ’n paar dinge vir hulle moet sê.
4 Hy wil weet of die mense van Juda reg maak deur in hulle spoghuise te bly terwyl sy huis nog verwoes lê.
5 Die Here sê vir die mense van Juda: “Dink mooi na oor wat op die oomblik aan die gang is.