3 My vriend is ook anders. Hy is soos ’n appelboom in ’n bos. In sy skadu vind ek rus en sy vrugte is louter genot.
4 Hy het my na ’n feesplek toe gevat en almal kon sien hoe lief hy my het.
5 Ek is uitgeput van al die baie liefhê. Bring vir my rosyntjiebrood en appels, dat ek gou weer kan sterk word.
6 Sy linkerarm is onder my kop terwyl sy regterarm my vasdruk en omhels.
7 Vroue van Jerusalem, sweer by die ribbok en die takbok dat julle nie die liefde sal wakker maak nie tot dit tyd is daarvoor.
8 Luister mooi. Daar ver klink my liefling se stem. Hy is op pad na my toe; hy hardloop oor die berge en gly oor die heuwels.
9 My liefling is so rats soos ’n jong bokkie en so vlug soos ’n takbok. Hy staan al langs die muur by die venster en kyk deur die traliewerk na binne.