8 Almal is vaardig met die swaard en ervare soldate. Elkeen met ’n swaard langs sy sy om die koning teen die gevare van die nag te beskerm.
9 Salomo het sy eie drastoel van die mooiste Libanonhout gemaak.
10 Die pote is met silwer, die leuning met goud en die sitplek met ’n pers materiaal oorgetrek.
11 Vroue van Jerusalem, gaan buitentoe en kyk na Salomo. Hy het die kroon op wat sy ma nog vir hom op sy troudag gegee het, dié dag toe hy so vol vreugde en blydskap was.