5 Jou twee borste is soos die tweeling van ’n ribbok wat tussen die lelies wei.
6 By mirreberg en wierookberg wil ek vertoef totdat die oggendwind opkom en die nag begin verdwyn.
7 Hoe mooi is jou liggaam nie, my liefste. Alles is so volkome en volmaak.
8 Liefste, laat ons van die baie gevare af wegvlug. Kom saam met my van die Libanonsberge af, van die Amana se top, van die Senir en die Hermonberg waar die leeus en die tiere bly.
9 Jy het my hart gesteel, my lief. Jou oë se sagtheid en die krale om jou nek het my hart van liefde laat klop.
10 My liefste, hoe kosbaar is jou liefde nie vir my nie. Jou liefde is soveel beter as wyn en jou parfuum geuriger as enige spesery.
11 Jou lippe proe heuningsoet, jou tong smaak soos melk en jou klere ruik na die seders van die Libanon.