3 “Ek kan nie,” het ek vir my geliefde gesê. “So pas het ek my uitgetrek en waarom weer aantrek? My voete het ek so pas gewas en waarom dit weer vuilmaak?”
4 My geliefde het toe die deur probeer oopkry en my hart het van opwinding gebons.
5 Naderhand het ek vinnig opgespring om die deur oop te maak. My hande was vol parfuum en my vingers het van die mirre gedrup. Ek het die handvatsel gedraai
6 en die deur oopgeruk, maar my geliefde was weg. Ek wou net sy stem weer hoor en het hom in die strate gaan soek, maar tevergeefs. Oral het ek geroep, maar hy was weg.
7 Die nagpolisie het my in die strate gekry en my aangerand. Een van die wagte op die muur het selfs my sluier afgeruk.
8 Vroue van Jerusalem, belowe my dat as julle my geliefde kry, julle hom sal vertel. Van my liefde moet julle hom vertel en vir hom sê dat ek na hom gesmag het.
9 Mooiste onder die vroue, waarom moet ons hom dit alles vertel? Wat maak hom dan so anders?