8 Vroue van Jerusalem, belowe my dat as julle my geliefde kry, julle hom sal vertel. Van my liefde moet julle hom vertel en vir hom sê dat ek na hom gesmag het.
9 Mooiste onder die vroue, waarom moet ons hom dit alles vertel? Wat maak hom dan so anders?
10 O, my liefling is anders. Hy is mooier en sterker en beter as 1 000 ander.
11 Sy voorkop blink soos suiwer goud en sy mooi, swart hare krul soos dadeltrosse in sy nek.
12 Sy oë lyk soos twee duiwe by die stroom wat hulleself so pas gewas het.
13 Sy wange is so mooi soos ’n tuin vol lekkerruikspeserye. Sy lippe is soos lelies nat van mirre.
14 Sy hande is soos goudstawe waarin juwele ingelê is. Sy liggaam is soos ivoorpilare wat van al die saffiere gloei.