7 Jou wange gloei agter jou sluier soos twee rooi granate.
8 Al is daar 60 vroue, almal koninginne, of 80 byvroue of talle ander jong vroue om my,
9 dan kies ek jóú nog bo almal, my liefste. Jy is jou ma se lieflingskind en die mooiste van alle vroue. Koninginne, byvroue en jongmeisies moet jou skoonheid prys.
10 “Wie is sy?” sal hulle vra. “Sy is so verruklik soos die vroeë oggend, so wondermooi soos die volmaan, so stralend soos die gloeiende middagson en so asemrowend soos soldate wat hulle baniere rondswaai.”
11 Ek is na my tuin toe waar die neutebome staan. Ek wou sien of die palms al blom, die wingerd al uitloop en die granate se bloeisels al bot.
12 En daar het ek na my geliefde verlang soos die drywer van ’n strydwa na ’n oorlog.
13 Kom, nooientjie van Sullam, kom dans hier vir ons. Kom, sodat ons mooi kan kyk hoe jy lyk. Wat is daar te sien aan die Sullamitiese meisie wat tussen die mense deur dans?