8 Huil van hartseer soos ’n jongmeisie wat rou oor haar verloofde wat dood is voordat hulle kon trou.
9 Luister hoe huil die priesters omdat daar nie koring of wyn is om by die tempel aan die Here te offer nie.
10 Die weiding is weggevreet en die lande verwoes. Van die koringoes, die druiweoes en die olyfoes het daar net mooi niks gekom nie.
11 Begin huil, saaiboere, want die koring en die gars, ja, al die oeste is daarmee heen. Huil, vrugteboere,
12 want die wingerde en die vyeboorde het almal van droogte doodgegaan; al die granaat-, dadel- en appelbome, ja, al die bome in julle boorde het verdroog en is besig om dood te gaan. Boonop het die mense se vreugde heeltemal opgedroog.
13 Trek vir julle rouklere aan en treur, priesters, julle wat die offers op die altaar moet bring. Huil die hele nag deur daar waar julle God dien, want daar is niks meer koring of wyn oor om in die huis van julle God aan Hom te offer nie.
14 Roep nou dadelik ’n vasdag uit. Almal moet uit berou oor hulle sondes ophou eet. Belê ’n gemeentevergadering. Kry die leiers en die hele volk in die woonplek van die Here julle God bymekaar. Pleit by die Here om weer goed te wees vir julle.