1 Die Here het weer ’n keer vir Jona geroep. Hy het weer vir Jona gesê:
2 “Gaan gee my boodskap vir die groot stad Nineve. Sê vir hulle van my besluit waaroor Ek en jy laas keer gepraat het.”
3 Hierdie keer het Jona geluister. Hy het na Nineve toe gegaan. Nineve was ’n geweldige groot stad. Dit het drie dae gevat om van een kant tot die ander kant deur die stad te loop.
4 Toe Jona ’n dag ver in die stad in was, het hy die Here se boodskap vir hulle gegee. Hy het vir hulle gesê wat die Here besluit het. Hy het gesê: “Daar is nog 40 dae oor voordat die Here Nineve gaan verwoes!”