3 Laat my tog nou maar liewer doodgaan, Here. Dit is beter as ek nie verder bly lewe nie.”
4 Die Here vra hom toe: “Het jy die reg om vir my kwaad te word?”
5 Jona is toe uit die stad uit. Hy het oos van die stad vir hom ’n skerm gaan maak sodat hy daaronder in die skaduwee kon sit. Hy het daar gaan sit om te kyk of daar iets met die stad gaan gebeur.
6 Die Here God laat toe ’n wonderplant opkom. Dit het ’n skaduwee oor Jona gegooi wat dit vir hom baie gemakliker gemaak het. Jona was baie bly oor die wonderplant.
7 Maar die volgende oggend toe die son opkom, stuur God ’n wurm. Hy het aan die plant begin vreet en dit het veroorsaak dat die plant doodgaan.
8 Die son het al warmer geword. Soos die dag vorder, het God ’n skroeiende warm wind uit die ooste laat waai. Die son het so warm op Jona gebrand en hom so gedaan gemaak dat hy naderhand gewens het dat hy tog maar liewer dood was. Hy sê toe weer soos hy gesê het: “Dit is beter as ek nie verder lewe nie.”
9 God vra toe weer vir Jona: “Het jy die reg om oor hierdie wonderplant kwaad te wees?”“Ja, tot die dood toe,” antwoord Jona die Here.