21 Die tempelwerkers het op die Ofelheuwel gebly. Hulle het onder die toesig van Siga en Gispa gewerk.
22 Die leier van die Leviete in Jerusalem was Ussi die seun van Bani, die seun van Gasabja, die seun van Mattanja, die seun van Miga, uit die nageslag van Asaf, wie se familie verantwoordelik was vir die musiek tydens die tempeldienste.
23 Daar was sekere koninklike reëls wat bepaal het wat hulle daagliks moes doen.
24 Petagja die seun van Mesesabel, uit die nageslag van Serag die seun van Juda, het die volk in die Persiese hof verteenwoordig.
25 Baie mense het in dorpe naby hulle plase gebly. Dié uit die stam van Juda het in Kirjat-Arba, Dimona en in Kabseël en in van die ander kleiner nedersettings in hulle omgewing gebly.
26 Ook in Jesua, Molada en Bet-Pelet,
27 in Gasar-Sual, en ook in Berseba en die nedersettings in daardie omgewing.