3 Tobija die Ammoniet, wat langs hom gestaan het, het haastig bygevoeg: “Los hulle, laat hulle maar hulle muur bou. Dit sal in elk geval nie hou nie. As ’n jakkals daarteen opspring, sal dit omval!”
4 Toe het ek gebid: “God, luister hoe spot hulle ons! Draai hulle gespot teen hulle sodat met hulle gebeur wat hulle ons toewens. Laat hulle weggevoer word as ballinge in ’n vreemde land.
5 Moenie hulle verkeerde dade vergewe of hulle sondes vergeet nie, want hulle het die bouers beledig wat besig is om u opdrag uit te voer.”
6 Ons het verder aan die muur gebou. Kort voor lank was dit halfpad voltooi omdat almal met hart en siel help bou het.
7 Toe Sanballat, Tobija, die Arabiere en die inwoners van Asdod hoor dat ons goed vorder en dat daar byna geen openinge meer in die muur was nie, was hulle baie kwaad.
8 Hulle het agteraf besluit om Jerusalem aan te val en die mense in die stad uitmekaar te jaag.
9 Maar ons het aanhoudend tot ons God gebid en dag en nag soldate op die mure laat wag- staan.