1 In ’n stadium het ’n klompie Judese mans en vroue ernstig gekla oor hulle meer vermoënde medeburgers.
2 Party van hulle het gesê: “Ons het groot families wat moet eet, maar omdat ons aan die muur moet werk, kan ons nie self koring plant om te eet nie. Nou moet ons dit ten duurste koop.”
3 Ander het gesê: “Ons moes al ons lande, wingerde en huise verkoop net om kos in die hande kry.”
4 Nog ’n groep het gesê: “Ons moes geld leen net om die grondbelasting vir die koning op ons lande en wingerde te betaal.
5 Ons behoort tog almal aan dieselfde volk. Ons kinders verskil mos nie van die rykes s’n nie? Maar ons moet ons kinders soos slawe vir ons skuldeisers laat werk. Hulle vat ons dogters as afbetaling van ons skuld. Nou is hulle niks anders as daardie mense se slawe nie. En ons kan niks daaraan doen nie, want ons het klaar reeds ons grond en wingerde weggegee.”
6 Ek was baie omgekrap toe ek al hierdie dinge hoor.