3 Ander het gesê: “Ons moes al ons lande, wingerde en huise verkoop net om kos in die hande kry.”
4 Nog ’n groep het gesê: “Ons moes geld leen net om die grondbelasting vir die koning op ons lande en wingerde te betaal.
5 Ons behoort tog almal aan dieselfde volk. Ons kinders verskil mos nie van die rykes s’n nie? Maar ons moet ons kinders soos slawe vir ons skuldeisers laat werk. Hulle vat ons dogters as afbetaling van ons skuld. Nou is hulle niks anders as daardie mense se slawe nie. En ons kan niks daaraan doen nie, want ons het klaar reeds ons grond en wingerde weggegee.”
6 Ek was baie omgekrap toe ek al hierdie dinge hoor.
7 Nadat ek lank nagedink het, het ek besluit om met die ryk mense en die leiers te raas. “Julle buit julle mense uit!” het ek vir hulle gesê. Toe het ek ’n openbare volksvergadering belê om oor die probleem te praat
8 en vir hulle gesê: “Ons probeer ons bes om ons Judese volksgenote wat as slawe aan heidennasies verkoop is, terug te kry sodat hulle weer vry kan wees. En nou doen julle presies dieselfde en dit nogal met julle eie mense! Verwag julle dat ons hulle ook nou moet terugkoop?” Niemand het ’n woord gesê nie, want hulle het niks gehad waarmee hulle hulle kon verdedig nie.
9 “Dit is ’n onding wat julle doen!” het ek vir hulle gesê. “Julle is veronderstel om met groot respek teenoor julle God op te tree. Dan sal ons vyande, daardie mense wat nie die Here ken nie, geen rede hê om neer te sien op ons nie.