1 Nadat die muur rondom Jerusalem voltooi en die hekke gehang is, het ek hekwagte, sangers en Leviete aangestel.
2 Ek het die verantwoordelikheid om die stad te regeer aan twee persone opgedra: my broer Hanani en Hanania, die bevelvoerder van die fort. Hanania was ’n baie meer betroubare en godvresende man as enige van die ander.
3 “Moenie Jerusalem se hekke oopmaak voordat die son eers behoorlik skyn na sonop nie. Julle moet ook die hekke deeglik toesluit voordat die hekwagte met sononder van diens af gaan. Stel die wagte aan uit die inwoners van Jerusalem. Party van hulle moet by spesifieke wagposte wagstaan en ander moet voor die huise staan waarin hulle bly,” het ek vir hulle gesê.
4 Jerusalem was ’n groot en uitgestrekte stad, maar die inwonertal was baie klein. Die paar huise wat daar was, was oor die hele stad versprei.